( Hierdie skryf ek in vir scrapydo2 se Toeka-Tokkel oor PAAIE.)
In die bosveld is paaie jou kontak met die wildernis. Daar is paaie vir alle okkasies.
Op die wildreservate spel paaie opwinding, adrenalien, fotografie, asemrowende sonsondergange en net … rus.
Al wat jy moet doen is om saam my op die pad te klim … hier gaan ons:
HIERDIE PAD ONDERDEUR ‘N GROOT KOELTEBOOM, NOOI JOU UIT NA ‘N OPWINDENDE ONTDEKKINGSREIS
MAGOEBASKLOOF SE BERGPAAIE-IN-DIE-MIS, IS GLAD EN MODDERIG EN LOOP DIREK LANGS DIEP KLOWE. VERSIGTIG DUS!
AITSA! WIE HARDLOOP HIER VOOR ONS IN DIE PAD?
JIPPIE! OP HIERDIE PAD MOET ONS BLY!
OM ‘N KROK TE SIEN WAT ‘N DROë PAD OORSTEEK, IS BUITENGEWOON. IS HIER DAN ‘N RIVIER NABY…?
GELUKKIG SIEN MY JEEP KANS VIR HIERDIE PAD DEUR DIE RIVIER. HOU VAS MANNE – Dis nou as julle dink ‘n vrou kan nie deur ‘n rivier bundu-bashing doen nie!
EN WIE Lê HIER IN DIE PAD VOOR DIE KWARANTYN? HIERDIE LEEUS RUIK DIE NUWE WYFIE WAT ONLANGS AFGELAAI IS. AS SY SOU WAAG UITKLOUTER, SAL HULLE HAAR DADELIK DOODMAAK.
HIERDIE PAD KRONKEL AL LANGS ‘N TELEFOONLYN DEUR
GROOTVOETE IN DIE PAD VRA OM GEDULD EN RESPEK. GEEN REëLS GELD HIER NIE. NET STILHOU, WAG, OF SUUTJIES PADGEE.
Dankie dat julle saam my gereis het. Ook vir Spokie wat my motiveer het om aan Scrapy2 se “Paaie uitdaging” deel te neem.
Ai Bosveldnimf, hoe sou ek nie die pad wat ek vanmiddag huis toe gery het van die werk af ruil vir hierdie van jou nie!
LikeLike
Ai ek ook! Moet ook maar werk in die week in die stad!
LikeLiked by 1 person
Fantastiese foto’s! Fantastiese paaie.
Nou wonder ek hoe lank daardie leeu afgesonder moet bly voor die ander haar aanvaar?
LikeLike
Dankie, sy het so 3 maande binne gebly, glo my die mannetjies was later maer van al die gewag buite!
LikeLiked by 2 people
Sjoe dis darem so mooi… dankie vir die deel!
LikeLike
Ai die bosveld bly mooi nê! Ek wag nog vir die dag wat ek Tannie kan saam neem!!
LikeLiked by 1 person
Sal lekker wees. Dankie!
LikeLike
Sjoe! Praat van fantastiese foto’s! Nee Blommie, jy mag maar hoor en dis so lekker om saam met jou te reis. Wat ‘n wonderlike ervaring en sulke mooi diere. Baie dankie vir die lekker toer. Ek het dit baie geniet. 😀 ♥
LikeLike
Dki Sonel, ek geniet die bos baie. Dalk eendag vat ek jou ook op ‘n trip!
LikeLiked by 1 person
O, ek sal jou glo en dit sal so fantasties wees. Ek hoop net ek het daai tyd ‘n nuwe kamera. 😆
LikeLiked by 1 person
Ek het die reis op jou paaie baie geniet – dankie! Jou foto’s is pragtig.
LikeLike
Dankie Christina
LikeLike
Aaag, nou waardeer ek dit weer dat jy ons so saamvat wanneer jy in die bosse rondrits! Ek hou van die sebras oorkant die rivier. Laat my dink die keer toe ons so lekker daar vasgesit het!
LikeLike
Dis te pragtig. Jy het hier n besonderse stukkie oor paaie vasgelê op jou bladsy. Engelse woord wat die mooi beskryf is “awesome” fotos en beskrywing. Baie dankie dat jy bygedra het en ook dankie aan Spokie wat jou gehelp het. Tien uit tien vir beide van julle.
LikeLiked by 1 person
Interresante paaie!
LikeLiked by 1 person
Soos altyd die mooiste fotos. Lekker op jou pad gekuier 🙂
LikeLiked by 1 person
Schitterende foto’s.WAS Je nooit bang dat ze zouden kunnen aanvallen?
LikeLike
Pragtige fotos!
LikeLike