Maroela Kamp – wanneer die bosveld roep!

Dis vrydagaand. My siel smag na die “BOS”. Opgewonde druk ek net ‘n Flip-op-Tentjie in die Fortuner.

Daardie nag gluur ‘n uitgehongerde hiëna na my. Terwyl ek die tjoppies sissend omwoel hoop hy vir ‘n been tussen sy vlymskerp tande. Ek sien die wit draai van sy oë in die flikkers van die vlamme.

DIE HIëNA BOER HEELNAG OM DIE KAMP HOPENDE VIR 'N BRAAIVLEISAFVAL

HIëNAS SAL HEELNAG OM DIE KAMPE ROND SNUFFEL EN AAS

My are pomp adrenalien. Skielik voel my tentjie, skaars 5 meter vanaf die draad, dun en weerloos.

image

NAWEEK TENTJIE –  MOPANIE KAMP – KRUGER WILDTUIN

Daardie nag woel ek myself klein op terwyl die leeus se gebrul en die gekerm van die jakkals my versteen laat.

Bosvuur cut