Herinneringe, wit ivoor en adrenalien!

(Scrapy se Toeka-Tokkel  Herinneringe )  

“Dame…” fluister  my vriend waarskuwend, “ons is omsingel.”

Olifante!

Ek is onbewus van my vingers wat soos arendskloue om die stuurwiel klem. Soos adrenalien my gedagtes inpomp begin terugflitse struktuur kry in herinneringe vanuit die dag:

Ek onthou dat ons op die Ndlovu River Lodge pad geklim het …

Ndlovu River Lodgepad

Die oopvoertuig waarin ons karjakker wat geen beskerming bied …

Jeep Karongwe

Die leeus wat ons namiddag in die Makutswerivier sien afkoel het …

Zero in rivier

Die blink in die leeuin se oë wat nou soos ‘n vae herinnering wegdartel …

Leeuin blink in oë

Die tyd wat sy rooivlam-wolke een vir een uitdoof …

Sundowner 2

En die ruimte wat met ‘n swart-kwas alles in duisternis oorskilder … Hier waar ons in die donkerbos sit, word alles een ongevormde massa.

Sundwoner 3

My gedagtes hop terug. Ek sien voor my die flits van wit ivoortande en hoor die oorverdowende trompetter van die matriarg wat haar lyf omswaai. ‘n Ewige herinnering daaraan dat ons oortree het.

Dis te laat …

Olifant in donkerbos

Ons is vasgevang binne in die trop …

Olifante omring

In my kop maal die “moets-en-moenies”, dis nou as jy in gevaar is tussen die Groot 5. Maar my gedagtes stry teen teorie. Ek weet – wat ookal die besluit, dit moet dadelik gebeur!

Die Land Rover glip in tru-rat en skop stof. Die trompetter en breek van take wat ons jaag ‘n ewige herinnering aan dit wat kon gebeur het.

Tot vandag twyfel ek steeds of die raad van doodstil staan die ideale sou wees en of ons wegkruipertjiespel ons gered het.

OM OLIFANTE BEDAGS TE ONTMOET BLY NATUURLIK EEN VAN DIE MOOISTE HERINNERINGE

OM OLIFANTE BEDAGS TE ONTMOET BLY NATUURLIK EEN VAN DIE MOOISTE HERINNERINGE

 

 

 

 

16 thoughts on “Herinneringe, wit ivoor en adrenalien!

  1. scrapydo2.wordpress.com sê:

    Kry toe sommer hoendervleis om te lees oor die olifante om julle! Dis iets wat mens sekerlik nie sommer sal vergeet nie. Dankie vir die deel en deelneem aan Toeka-Tokkel. Dis pragtige fotos en n “gevaarlike” storie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s