Strepe in die Stof

Die rou wond gaap oopbek. Kan dit die oorsaak wees van ‘n verdwaalde koëltjie vanuit ‘n pellet-geweer?

Ek krap kop daaroor terwyl die warrelende stof van die sebras voor my lens gaan lê. Hier is tog geen roofdiere nie. Wel – nog nie …

EERSGEVONDEN - NUWE BOSVELDPLEKKIE VAN RUS EN VREDE

EERSGEVONDEN – ‘N NUWE BOSVELDPLEKKIE VAN RUS EN VREDE

HIER IS DIE DIERE NOG SKU, WANT HUL KEN NIE VOERTUIE NIE. MAAR HOU DIE VELD ALREEDS 'N BELOFTE VAN ASEMROWENDE FOTS IN.

HIER IS DIE DIERE NOG SKU EN WILD. HULLE KEN NIE VOERTUIE NIE. MAAR ALREEDS IS DAAR DIE BELOFTE VAN ASEMROWENDE TOEKOMSFOTOS

 

AHA! - HORINGS SPEL BUL! KRUIP MAAR WEG, EK SAL JOU NOG KRY ...

AAHA! – HORINGS SPEEL WEGKRUIPERTJIE TUSSEN DIE LANG GRAS. “TOEMAAR, OU BUL – JOU SAL EK NOG VIND!”

DAAR IS NET 17 SEBRAS - MAAR DIE STREPE IN DIE STOF SPEL BOSVELD

DAAR IS ONGEVEER 30 SEBRAS – MAAR DIE STREPE IN DIE DROë GRAS WAG SAAM OP DIE EERSTE REëNS

Sebra met wond 3

Die wond sou ‘n misterie bly …

12 thoughts on “Strepe in die Stof

  1. perdebytjie sê:

    Dit lyk kompleet of die gat met ‘n skêr uitgeknip is.Ek hoop hy word gou gesond.Elke keer verblydend om te hoor as daar nuwe reservate begin word.Pragtige foto’s!

    Like

  2. Sonel sê:

    Absoluut pragtig en jou nuwe tema vertoon jou pragtige foto’s net mooier. 😀

    Hoe wonderlik moet dit wees om die pragdiere net so om jou te sien rondloop. Hoekom sekere mense hul net wil doodskiet is bo my bietjie intelligensie. Dis mos baie lekkerder om hul elke dag te sien en te weet hul word beskerm en jy kan eerder skiet met die kamera. 😀

    Dis omtrent ‘n gagga wond daardie en ek glo dit sal gesond word en ja, sal mens ooit weet hoe dit gebeur het. Nou die dag het ek gesien een van die baba blou-apies het ‘n verstuite handjie. Dit kan wees van al die rof speel, of hy het geval of iemand het hom gegooi met iets. Baie mense hier kan hul nie verdra nie. Dis eintlik tragies dat party mense net nie die natuur kan waardeer nie.

    Baie dankie vir die deel van hierdie pragwêreld rondom jou Blommie. 😀 ♥

    Like

  3. bosveldnimf sê:

    Dis waar Sonel ek keer ook altyd as mense wil skiet!! Ek hou niks van die idee nie!! Dit kan ook wees dat 2 baklei het, sal nooit weet nie! Dki vir die comment! T Tina dis so 25 km buite die dorp Ranch se kant toe!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s