PAAIE – JOU REIS BEGIN HIER

( Hierdie skryf ek in vir scrapydo2 se Toeka-Tokkel oor PAAIE.)

In die bosveld is paaie jou kontak met die wildernis. Daar is paaie vir alle okkasies.

Op die wildreservate spel paaie opwinding, adrenalien, fotografie, asemrowende sonsondergange en net … rus.

Al wat jy moet doen is om saam my op die pad te klim … hier gaan ons:

HIERDIE PAD NOOI JOU UIT TOT 'N ONTDEKKINGSREIS

HIERDIE PAD ONDERDEUR ‘N GROOT KOELTEBOOM, NOOI JOU UIT NA ‘N OPWINDENDE ONTDEKKINGSREIS

HIERDIE MAGOEBASKLOOF BERGPAD IS GLAD EN MODDERIG. VERSIGTIG!

MAGOEBASKLOOF SE BERGPAAIE-IN-DIE-MIS, IS GLAD EN MODDERIG EN LOOP DIREK LANGS DIEP KLOWE. VERSIGTIG DUS!

 

AITA! WIE HARDLOOP HIER VOOR ONS IN DIE PAD?

AITSA!  WIE HARDLOOP HIER VOOR ONS IN DIE PAD?

Pad met sebra & kameelperd

JIPPIE!  OP HIERDIE PAD MOET ONS BLY!

 

'N KROK OP DIE DROEë PAD? IS HIER 'N RIVIER NABY?

OM ‘N KROK TE SIEN WAT ‘N DROë PAD OORSTEEK, IS BUITENGEWOON. IS HIER DAN ‘N RIVIER NABY…?

 

GELUKKIG SIEN MY JEEP KANS VIR HIERDIE PAD DEUR DIE RIVIER. HOU VAS!

GELUKKIG SIEN MY JEEP KANS VIR HIERDIE PAD DEUR DIE RIVIER. HOU VAS MANNE – Dis nou as julle dink ‘n vrou kan nie deur ‘n rivier bundu-bashing doen nie!

 

EN WIE Lê HIER IN DIE PAD VOOR DIE KWARATEIN? HUL RUIK DIE NUWE WYFIE AANGEKOM.

EN WIE Lê HIER IN DIE PAD VOOR DIE KWARANTYN? HIERDIE LEEUS RUIK DIE NUWE WYFIE WAT ONLANGS AFGELAAI IS.  AS SY SOU WAAG UITKLOUTER, SAL HULLE HAAR DADELIK DOODMAAK.

 

HIERDIE PAD KRONKEL AL LANGS 'N TELEFOONLYN DEUR.

HIERDIE PAD KRONKEL AL LANGS ‘N TELEFOONLYN DEUR

GROOTVOETE IN DIE PAD VRA GEDULD EN RESPEK. GEEN REëLS GELD HIER. NET STILHOU EN WAG.

GROOTVOETE IN DIE PAD VRA OM GEDULD EN RESPEK. GEEN REëLS GELD HIER NIE. NET STILHOU, WAG, OF SUUTJIES PADGEE.

Dankie dat julle saam my gereis het. Ook vir Spokie wat my motiveer het om aan Scrapy2 se “Paaie uitdaging” deel te neem.

Strepe in die Stof

Die rou wond gaap oopbek. Kan dit die oorsaak wees van ‘n verdwaalde koëltjie vanuit ‘n pellet-geweer?

Ek krap kop daaroor terwyl die warrelende stof van die sebras voor my lens gaan lê. Hier is tog geen roofdiere nie. Wel – nog nie …

EERSGEVONDEN - NUWE BOSVELDPLEKKIE VAN RUS EN VREDE

EERSGEVONDEN – ‘N NUWE BOSVELDPLEKKIE VAN RUS EN VREDE

HIER IS DIE DIERE NOG SKU, WANT HUL KEN NIE VOERTUIE NIE. MAAR HOU DIE VELD ALREEDS 'N BELOFTE VAN ASEMROWENDE FOTS IN.

HIER IS DIE DIERE NOG SKU EN WILD. HULLE KEN NIE VOERTUIE NIE. MAAR ALREEDS IS DAAR DIE BELOFTE VAN ASEMROWENDE TOEKOMSFOTOS

 

AHA! - HORINGS SPEL BUL! KRUIP MAAR WEG, EK SAL JOU NOG KRY ...

AAHA! – HORINGS SPEEL WEGKRUIPERTJIE TUSSEN DIE LANG GRAS. “TOEMAAR, OU BUL – JOU SAL EK NOG VIND!”

DAAR IS NET 17 SEBRAS - MAAR DIE STREPE IN DIE STOF SPEL BOSVELD

DAAR IS ONGEVEER 30 SEBRAS – MAAR DIE STREPE IN DIE DROë GRAS WAG SAAM OP DIE EERSTE REëNS

Sebra met wond 3

Die wond sou ‘n misterie bly …

Krap waar dit KielieKielie

Daar was geen afspraak, maar die groom-sessie is intens dog genotvol. Dit jik waar jy nie kan krap nie. Die ondersoek neusagtig en proevol, dog slinks en … stuitig?

KAAPSE BOBBEJAAN GROOM-SESSIE BY BOBBEJAANKRANS OP DIE H7 OPPAD NA SATARA

KAAPSE BOBBEJAAN GROOM-SESSIE BY BOBBEJAANKRANS OP DIE H7 OPPAD NA SATARA

Wit rol-oë val in hemelse plekke: “Fluffie – lig bietjie hoër jou sterre, ma wil sien wat die kat ingedra het.”

Die uitstrekposisie word slank en ellegant tydens die roskam en as die Groomer gelukkig is, is daar ‘n luis-happie vir die tande.

Bobbejaan groom 2

TERWYL MA ONDERSOEK WORD SUIG SUSSIE VIR ‘N MELKIE

 

SJOE - GROOMING IS HARDE WERK. KOEL SLUKKIE VAN DIE LUGVERSORGER-WATER

“SJOE – GROOMING IS HARDE WERK.” KOEL LEKKIE VAN DIE LUGVERSORGER-WATER

'UITEINDELIK HET EK MA NET WEER VIR MYSELF."

“UITEINDELIK HET EK MA NET WEER VIR MYSELF.”