PAAIE – JOU REIS BEGIN HIER

( Hierdie skryf ek in vir scrapydo2 se Toeka-Tokkel oor PAAIE.)

In die bosveld is paaie jou kontak met die wildernis. Daar is paaie vir alle okkasies.

Op die wildreservate spel paaie opwinding, adrenalien, fotografie, asemrowende sonsondergange en net … rus.

Al wat jy moet doen is om saam my op die pad te klim … hier gaan ons:

HIERDIE PAD NOOI JOU UIT TOT 'N ONTDEKKINGSREIS

HIERDIE PAD ONDERDEUR ‘N GROOT KOELTEBOOM, NOOI JOU UIT NA ‘N OPWINDENDE ONTDEKKINGSREIS

HIERDIE MAGOEBASKLOOF BERGPAD IS GLAD EN MODDERIG. VERSIGTIG!

MAGOEBASKLOOF SE BERGPAAIE-IN-DIE-MIS, IS GLAD EN MODDERIG EN LOOP DIREK LANGS DIEP KLOWE. VERSIGTIG DUS!

 

AITA! WIE HARDLOOP HIER VOOR ONS IN DIE PAD?

AITSA!  WIE HARDLOOP HIER VOOR ONS IN DIE PAD?

Pad met sebra & kameelperd

JIPPIE!  OP HIERDIE PAD MOET ONS BLY!

 

'N KROK OP DIE DROEë PAD? IS HIER 'N RIVIER NABY?

OM ‘N KROK TE SIEN WAT ‘N DROë PAD OORSTEEK, IS BUITENGEWOON. IS HIER DAN ‘N RIVIER NABY…?

 

GELUKKIG SIEN MY JEEP KANS VIR HIERDIE PAD DEUR DIE RIVIER. HOU VAS!

GELUKKIG SIEN MY JEEP KANS VIR HIERDIE PAD DEUR DIE RIVIER. HOU VAS MANNE – Dis nou as julle dink ‘n vrou kan nie deur ‘n rivier bundu-bashing doen nie!

 

EN WIE Lê HIER IN DIE PAD VOOR DIE KWARATEIN? HUL RUIK DIE NUWE WYFIE AANGEKOM.

EN WIE Lê HIER IN DIE PAD VOOR DIE KWARANTYN? HIERDIE LEEUS RUIK DIE NUWE WYFIE WAT ONLANGS AFGELAAI IS.  AS SY SOU WAAG UITKLOUTER, SAL HULLE HAAR DADELIK DOODMAAK.

 

HIERDIE PAD KRONKEL AL LANGS 'N TELEFOONLYN DEUR.

HIERDIE PAD KRONKEL AL LANGS ‘N TELEFOONLYN DEUR

GROOTVOETE IN DIE PAD VRA GEDULD EN RESPEK. GEEN REëLS GELD HIER. NET STILHOU EN WAG.

GROOTVOETE IN DIE PAD VRA OM GEDULD EN RESPEK. GEEN REëLS GELD HIER NIE. NET STILHOU, WAG, OF SUUTJIES PADGEE.

Dankie dat julle saam my gereis het. Ook vir Spokie wat my motiveer het om aan Scrapy2 se “Paaie uitdaging” deel te neem.

19 thoughts on “PAAIE – JOU REIS BEGIN HIER

  1. Sonel sê:

    Sjoe! Praat van fantastiese foto’s! Nee Blommie, jy mag maar hoor en dis so lekker om saam met jou te reis. Wat ‘n wonderlike ervaring en sulke mooi diere. Baie dankie vir die lekker toer. Ek het dit baie geniet. 😀 ♥

    Like

  2. Spokie sny spoor sê:

    Aaag, nou waardeer ek dit weer dat jy ons so saamvat wanneer jy in die bosse rondrits! Ek hou van die sebras oorkant die rivier. Laat my dink die keer toe ons so lekker daar vasgesit het!

    Like

  3. scrapydo2.wordpress.com sê:

    Dis te pragtig. Jy het hier n besonderse stukkie oor paaie vasgelê op jou bladsy. Engelse woord wat die mooi beskryf is “awesome” fotos en beskrywing. Baie dankie dat jy bygedra het en ook dankie aan Spokie wat jou gehelp het. Tien uit tien vir beide van julle.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar